Plaaslike volkspelers het saam met ander junior volkspelers vanoor die hele land onlangs in Brandford byeengekom vir ‘n Pellissierweek.
Die Vrystaatstreek het die week vir die skoliere georganiseer en het ook as gashere opgetree. Vyf junior volkspelers van die Oos-Rand het hierdie kursusweek bygewoon.
Volkspele speletjies is ingeoefen en daar is heerlik saamgesing. Nuwe vriende is ontmoet en ou vriendskappe is versterk. Daar was baie pret en die volkspelers het ook die Vroue Monument asook Rosestad FM in Bloemfontein besoek.Die week is met ’n spoggerige kersligete afgesluit, waar hulle ’n vertoning van die week se spele aan die gehoor gelewer het.Vir navrae skakel Stiaan by 079 4737 385 of
We have summarized this news so that you can read it quickly. If you are interested in the news, you can read the full text here. Read more: