Die Valke het op twee verdagtes toegeslaan wat glo ses leeus probeer verkoop het.
Twee mans is Vrydag, 5 Julie in hegtenis geneem nadat hulle glo probeer het om ses leeus op ‘n plaas buite Potchefstroom te verkoop.
Nico Scholtz en Huu Tao Nguyen het vroeër vandeesweek in die Potchefstroom-landdroshof verskyn op aanklag van oortreding van die Wet op Biodiversiteit Nr. 10 van 2004, sameswering om ‘n misdryf te pleeg en die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie. Luitenant-kolonel Tinyiko Mathebula, woordvoerder van die Valke, sê die Valke se ernstige georganiseerde misdaad-taakspan het ‘n leidraad ontvang van ‘n man wat onwettig leeus verkoop. “Ons het die leidraad op 3 Julie ontvang en die verdagtes is Vrydag in hegtenis geneem.”
Die verdagte het glo aangebied om ses leeus aan ‘n potensiële koper te verkoop. Daarna het hulle ‘n man ontmoet wat hulle na ‘n plaas geneem het waar die leeus aangehou is. ‘n Transaksie vir die leeus is gemaak en met die terugkeer na Potchefstroom, het die Valke toegeslaan en die verdagtes in hegtenis geneem.
Tydens die ondersoek is ‘n geweer, 50 rondtes ammunisie, ‘n Toyota Fortuner en ‘n sleepwa in beslag geneem.
South Africa Latest News, South Africa Headlines
Similar News:You can also read news stories similar to this one that we have collected from other news sources.
Mans wat glo leeus in Potchefstroom verkoop: Saak uitgestelNico Scholtz (32) en Huu Tao Nguyen (53) sal eersdaags weer in die hof verskyn om aansoek te doen om borgtog.
Read more »
Northerns destroy ERU in Valke Merlin LeagueBreaking local news in Boksburg
Read more »
Potchefstroom Community Hands Couple Over to SAPS for Allegedly Murdering 4-Year-Old ToddlerThe community of Boiketlong in the North West and their councillor apprehended two suspects who were handed over to the police for allegedly murdering a toddler.
Read more »
Hawks bust illegal lion sale operation in PotchefstroomTwo men were remanded in custody after appearing in court for attempting to sell lions illegally.
Read more »
Mel die Storieverteller se kanon van komiek: Lag vir die lewe se absurditeiteMel het ‘n talent om die humor in alles raak te sien. Haar oog vir die komiese van die lewe lei tot stories waarmee almal kan vereenselwig.
Read more »
Fierce Mustang GTD makes public debut as Ford grabs podium at Le MansFierce Mustang GTD makes public debut as Ford grabs podium at Le Mans - but is it headed for SA?
Read more »