Breaking local news in Boksburg
Solidariteit Helpende Hand Boksburg-tak, ’n nie-winsgewende organisasie, het die gemeenskap se hulp nodig om skoene en skryfbehoeftes in te samel vir minderbevoorregte leerders.
Die tak se voorsitter, Annerie du Pisanie het verduidelik die tak het die projek van stapel gestuur omdat daar 'n behoefte aan skryfbehoeftes en skoolskoene is vir leerders van graad twee tot twaalf. “Helpende Hand het 'n Tassieprojek waar behoeftige Graad Een leerders voorsien word van tassies met skryfbehoeftes, maar daar is ook 'n behoefte in ander grade en ons wil daardie leerders ook help.”
Du Pisani het beklemtoon die tak het die gemeenskap se ondersteuning nodig om ’n sukses van die projek te maak. Die tak sal skenkings in die vorm van papier en plastiek om boeke oor te trek, kleefband, skryfboeke met 72 bladsye, skoolskoene, passerstelle, skerpmakers, liniale, pennesakkies, papiergom, uitdraaikryte, inkleurpotlode, penne, sakrekenaars HB-potlode en rugsakke waardeer.
South Africa Latest News, South Africa Headlines
Similar News:You can also read news stories similar to this one that we have collected from other news sources.
Three people killed in Boksburg shootingsBreaking local news in Boksburg
Read more »
SAPS checks for complianceBreaking local news in Boksburg
Read more »
Events to diariseBreaking local news in Boksburg
Read more »
Boksburg runs green and goldBreaking local news in Boksburg
Read more »
A chip after Ekurhuleni’s heartBreaking local news in Boksburg
Read more »
WATCH: SAPS gets gym deal to keep officers in best shapeBreaking local news in Boksburg
Read more »